Jump to content

Cyclist down R304 this morning


dv8

Recommended Posts

One cyclist was taken away by ER. Was a hit and run. Unconfirmed vehicle but cyclist on the scene said it was a Fidelity vehicle. Skid marks way in yellow lane. On way back from ride I saw the vehicles passenger mirror was still at scene.

Link to comment
Share on other sites

3 cyclist was hit and police got the vehicle. As far as i know no serious injuries.

Link to comment
Share on other sites

Só het Gunther Kerschbaumer, een van die drie fietsryers wat gister sowat 10 km buite Stellenbosch deur ’n bakkie getref is, uit sy hospitaalbed gesê oor die man wat hulle raakgery het.

Kerschbaumer, Ig Wentzel en Olga Koorts is beseer toe ’n bakkie van die Fidelity-sekuriteitsmaatskappy in die groep vasgejaag, en toe weggejaag het. Hulle is van die Wannabees-fietsryklub.

Hierdie amperse tragedie kom amper ’n maand nadat dr. Koos Roux, wat saam met sy seun fietsgery het, op Moedersdag in ’n tref-en-trap-ongeluk gesterf het. Sy seun, Kobus (19), het ligte beserings opgedoen.

’n Voertuig het hulle van agter op die Bottelarypad oorkant die Soneike-winkelsentrum getref.

Bun Booyens, redakteur van Die Burger, het gister op die R304 in die rigting van die N1 op pad Kaapstad toe gery, toe hy die ongeluk omstreeks 10:00 sien gebeur het. “Ek het ’n groep fietsryers gesien wat van voor af gekom het. Hulle het in die rigting van Stellenbosch gery en ek kon sien almal was binne die geel streep.”

Volgens Booyens het die bakkie, wat ook in Stellenbosch se rigting gery het, van agter gekom en in die groep vasgery.

“Die een fietsryer het hoog deur die lug getrek, terwyl ’n stuk of drie geval het.” Booyens het stilgehou om hulp te verleen toe een van die ryers geskree het: “Die bakkie jaag weg, vang hom!”

Hy het daarna sy voertuig omgedraai en die bakkie sowat 3 km verder, net ná die verkeerslig by die Simonsig-afdraai, ingehaal.

“Ek het tot agter hom gery en ligte geflikker, maar hy wou nie stilhou nie. Hy het oor die pad geswaai, stadig gery en dan weer versnel. Ek het ook gesien hoe hy oor ’n rooi verkeerslig gery het.”

Terwyl hy die bestuurder agternagesit het, het hy die polisie gebel. “Die polisie het ongelooflik vinnig gereageer en was dadelik daar. Skaars drie of vier minute ná my oproep het hulle die ouens aangekeer. Die insittendes was onvas op hul voete. Die persoon aan die passasierskant kon skaars op sy voete staan.”

Toe daar aan hom vertel is die bestuurder is vir nalatige en roekelose bestuur in hegtenis geneem het Kerschbaumer gesê: “Ek is bly hulle het hom gevang”.

Kol. Tembinkosi Kinana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 35-jarige bestuurder was glo onder die invloed en is in hegtenis geneem. “Hy sal binnekort in die Stellenbosch-landdroshof verskyn,” het Kinana bygevoeg.

Kerschbaumer is in Stellenbosch Mediclinic opgeneem en hoop om vandag ontslaan te word.

Wentzel en Koorts is in ’n hospitaal op Somerset-Wes behandel en gister reeds ontslaan.

’n Woordvoerder by Fidelity kon nie vir kommentaar bereik word nie.

• Nóg ’n fietsryer is gister op die Chapmanspiek-pad raakgery en na die Vincent Palotti-hospitaal gebring. Sy toestand is stabiel.

Link to comment
Share on other sites

Faark, are there more drunk drivers than usual? It sure feels like that! :cursing:

Link to comment
Share on other sites

Please Admin / Mods, can we get a dedicated thread or database on this site in order to keep track of the total number of car / cycle related incidents!

Link to comment
Share on other sites

Faark, are there more drunk drivers than usual? It sure feels like that! :cursing:

financial problems go up so does consumption, scary but true

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout